Philippolis Begraafplaas
Onderhoud
Donateur Registrasie
Tuisblad
Fondse beloof
Donateurs
Ons Facebook Blad
AA gevolg van die probleme wat ons kleiner munisipaliteite tans ervaar, word verskeie dienste glad nie of uiters swak gelewer. Een hiervan is die onderhoud van ons begraafplase.
Ons wil met hierdie poging die volgende daarstel :
1. Die begraafplaas onkruidvry kry.
2. Die omheining en ander strukture herstel.
3. Die toegangsroete besoekersvriendelik maak.
4. 'n Langtermyn doel is om die begraafplaas 'n toeriste aantreklikheid te maak deur 'n roostuin tussen die grafte te vestig.
Hiervoor benodig ons 'n klein maandelikse bydrae van almal wat wortels in Philippolis het.
Indien u bereid is om deel van hierdie poging te wees, kliek op die registrasie skakel en ons sal u met meer inligting voorsien.